Rugby Entoesiaste – Help Huis Jabes

In Augustus het Huis Jabes ‘n spesiale rugby-aand gehou by D’Aria landgoed as een van ons belangrikste geldinsamelingsprojekte.

By dié geleentheid is daar gesellig gekuier en natuurlik baie oor rugby gepraat. Oudspring-bok-spelers soos Jan “Boland” Coetzee, wat tussen 1974 en 1976 vir die Springbokke gespeel het, Rassie Erasmus, Rob Louw, André Vos en Kobus Burger het die geleentheid bygewoon en (moeilike) vrae beantwoord.

Hierdie was ‘n hoogtepunt-geleentheid en danksy almal se bydraes só suksesvol dat ons oorweeg om ‘n soortgelyke funksie volgende jaar aan te bied.

Leave a comment